Home Events Barokmusiek uitvoering by Deelfontein
Baroque music concert seminar held at Deelfontein in Parys

Barokmusiek uitvoering by Deelfontein

Musiek van Schütz, Schein, Monteverdi, di Lasso en andere vir soliste, koor en barokensemble.

Met Norbert Brandauer (Wene)

Saterdag 17 Februarie om 18:30
NG Kerk Vredefort
Toegang: R100 kaartjies by die deur

Inligting: Gerhard Benade, 083 280 9784 www.deelfontein.co.za

Norbert Brandauer (Salzburg, Oostenryk) is ‘n veelsydige musikus wat as sanger, skuiftrompetspeler, dirigent en musiekopvoeder aktief is. Hy het aan die Mozarteum in Salzburg en die Franz Liszt-Universiteit in Weimar studeer. Sy belangstelling in historiese uitvoeringspraktyk het reeds vroeg in sy loopbaan ontluik, en hy neem aan die Europese Vroeë Musiek-beweging deel as barokskuiftrompetspeler, dirigent en aanbieder van kursusse in Oostenryk, Hongarye en Nederland. As orkesmusikus het hy in ensembles soos Camerata Salzburg, Balthasar Neumann, L’Arpa Festante, en Marini Consort Innsbruck gespeel, onder andere onder Rene Jacobs en Thomas Hengelbrock. Hy is lid van die Salzburgse Bachkoor, dirigent van die Salzburgse Kamerkoor, en dirigent van die Chorus Juventus by die Weense Seunskoor, waar hy ook musiek onderrig. Verdere dirigeeraktiwiteite sluit die Salzburgse Jeugorkes en verskeie jeug- en kinderorkeste in. Hierdie is Norbert Brandauer se tweede besoek aan Suid-Afrika.

Die internasionale musiekseminaar Cantare e Sonare vind tussen 9 en 18 Februarie 2018 op Deelfontein (Vredefort Koepel) plaas. Met 35 deelnemers en 5 musiekdosente uit Oostenryk en Suid-Tirool, bied die musiekvereniging met dieselde naam vir die eerste keer die seminaar in die buiteland aan. Die res van die ongeveer 60 lede van die ensemble is Suidafrikaanse sangers en instrumentaliste wat in Vroeë Musiek spesialiseer.

Die musiekprogram het die struktuur van die tradisionele groot mis, met ‘n keuse van werke van komponiste uit die vroeë Baroktydperk. Die instrumentaalensemble, wat oorspronklike barokinstrumente gebruik, bestaan uit strykers, skuiftrompette, kornette, ‘n dulsiaan, klawesimbel en orrel. Veral die kornette, wat in Suid-Afrika selde gehoor word, is ‘n besonderheid. Die uitvoerings sal ‘n goeie indruk gee van hoe hierdie musiek in die vroeë sewentiende eeu geklink het.

 

Date

Feb 17 2018

Time

6:30 pm - 9:00 pm

Local Time

  • Timezone: America/New_York
  • Date: Feb 17 2018
  • Time: 11:30 - 14:00

Organizer

Gerhard Benade
Phone
083 280 9784
Email
gerhard@deelfontein.co.za
Website
http://www.deelfontein.co.za

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share This

Share This

Share this post with your friends!